Virgo-sterrestroom

Virgo-sterrestroom
'n Kunstenaar se voorstelling van sterrestrome.
'n Kunstenaar se voorstelling van sterrestrome.
Soort stelsel Sterrestroom
Sterrebeeld Maagd (Virgo)
Tipe Oorblyfsel van dSph
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 30 000
Skynbare grootte  30° × 10°
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Virgo-sterrestroom is die voorgestelde naam vir ’n stroom sterre in die sterrebeeld Maagd (Virgo) wat in 2005 ontdek is.[1][2] Daar word geglo dit is die oorblyfsels van ’n sferoïdale dwergsterrestelsel wat besig is om met die Melkweg saam te smelt. Dit is die grootste sterrestelsel wat van die Aarde af sigbaar is in terme van die gebied wat dit aan die naghemel beslaan.

Die stroom is ontdek in data van die Sloan Digitale Lugopname, wat gebruik is om ’n driedimensionele kaart van die Melkweg op te stel.[3] Die eerste voorstel dat ’n nuwe sterrestelsel in die Maagd bestaan, is in 2001 gedoen.[4]

  1. The Sloan Digital Sky Survey Reveals A New Milky Way Neighbor, Sloan Digital Sky Survey, 9 Januarie 2006
  2. Sonia Duffau, et al., 2006, Spectroscopy of QUEST RR Lyrae Variables: the new Virgo Stellar Stream, The Astrophysical Journal, Volume 636, Uitgawe 2, ble. L97-L100 (ADS; arXiv, PDF)
  3. Mario Juric, et al., Oktober 2005, The Milky Way Tomography with SDSS, The Astrophysical Journal, submitted (arXiv, PDF)
  4. Katherina Vivas et al., 2001, The QUEST RR Lyrae Survey: Confirmation of the Clump at 50 Kiloparsecs and Other Overdensities in the Outer Halo, The Astrophysical Journal, Volume 554, Issue 1, pp. L33-L36.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search