Visrivier-canyon

Satellietbeeld van die Visrivier-canyon.

Die Visrivier-canyon in die suide van Namibië is die derde langste canyon ter wêreld, naas die Yarlung Tsangpo-canyon in Tibet en die Grand Canyon in die Verenigde State. Dit is die langste canyon in Afrika, en die tweede mees besoekte plek deur toeriste in Namibië. Dit is ongeveer 160 km lank, tot 27 km breed en is op sommige plekke tot 550 m diep.

Die canyon is geleë aan die benedeloop van die Visrivier. Hierdie rivier is nie standhoudend nie en is ook nie bevaarbaar nie, en die water is oranje gekleur. Die canyon begin by die plekkie Seeheim en eindig by Ai-Ais. Daarna vloei die rivier uit in die Oranjerivier langs die grens met Suid-Afrika. Hobas is 'n kampterrein 70 km noord van Ai-Ais.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search