Vlaamse letterkunde

Die Vlaamse letterkunde is die letterkundige skat wat afkomstig is van Vlaandere, wat histories gesien 'n streek is wat bestaan uit dele van die huidige België, Frankryk en Nederland. Tot die vroeë 19de eeu is hierdie letterkunde as 'n integrale deel van die Nederlandse letterkunde beskou. Nadat België in 1830 onafhanklik van Nederland geword het, het die begrip Vlaamse letterkunde 'n nouer betekenis gekry, en verwys dit na die Nederlandse taalletterkunde wat in België geproduseer word. Dit bly egter deel van die Neerlandistiek en van die Nederlandse letterkundige kanon, dieselfde geld in 'n mate ook vir die Afrikaanse letterkunde.[1]

Volgens Daniël Hugo het die Nederlandse — en daarom ook die Vlaamse– en Afrikaanse letterkunde — begin met 'n liefdesgediggie: "Hebban olla vogala nestas hagunnan / hinase hic enda thu / wat unbidan we nu", oftewel in Afrikaans: "Al die voëls het neste begin / behalwe ek en jy / waarvoor wag ons nou?" Die reëls is byna 900 jaar gelede deur 'n Vlaamse monnik in Engeland neergekrabbel.[2]

  1. In 1978 wen Elisabeth Eybers byvoorbeeld die Constantjin Huygens-prijs vir haar gehele oeuvre.
  2. Daniël Hugo Vers en Kapittel, Kraal Uitgewers, Bl. 33, 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search