Vlag van Ecuador

Vlag van Ecuador
Vlag van Ecuador
Vlag van Ecuador
Bynaam (es) La Tricolor
(af) Die Driekleur
Gebruik Staatsvlag en vaandel en Oorlogsvlag Staatsvlag en -vaandel en oorlogsvlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 26 September 1860[1]
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in geel, blou en rooi met die land se wapenskild in die middel van die vlag.
Wisselvormvlag van Ecuador
Wisselvormvlag van Ecuador
Gebruik Burgerlike vlag en vaandel Burgerlike vlag en vaandel
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in geel, blou en rooi.

Die nasionale vlag van Ecuador is op 26 September 1860 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane in geel bo, blou in die middel en rooi onder met die land se wapenskild in die middel van die vlag. Die ontwerp van die huidige vlag is in 1900 gefinaliseer met die toevoeging van die wapenskild in die middel van die vlag. Voordat die geel, blou en rooi driekleur gebruik is, het Ecuador wit-en-blou vlae gebruik wat die sterre vir elk van die provinsies bevat het. Die ontwerp van die vlag is baie soortgelyk aan dié van Colombia en Venezuela wat ook voormalige samestellende gebiede van Groot-Colombia is. Al drie vlae is gebaseer op ’n voorstel van die Venezolaanse generaal Francisco de Midanda wat in 1811 deur Venezuela aanvaar is en later deur Groot-Colombia met ’n paar verstellings. Daar is ’n variant van die vlag wat geen wapenskild bevat nie en deur die koopvaardyvloot gebruik word. Hierdie vlag is presies dieselfde as dié van Colombia, maar Colombia gebruik ’n ander ontwerp vir sy koopvaardyvloot.

  1. "Ecuador" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2019. Besoek op 21 Mei 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search