Vlag van Frans-Guyana

Vlag van Frans-Guyana
Vlag van Frans-Guyana
Vlag van Frans-Guyana
Gebruik Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel Nasionale vlag en burgerlike- en staatsvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 15 Februarie 1796
Ontwerp Drie vertikale bane in blou, wit en rooi.

Die vlag van Frans-Guyana is ’n nie-amptelike vlag van die Franse oorsese gebied.

Op 29 Januarie 2010 het die Algemene Raad van die département van Frans-Guyana eenstemmig besluit op ’n vlag vir Frans-Guyana. Dit is egter nie deur die opperste streeksraad erken nie. Die enigste franse vlag wat amptelike status op die eiland geniet, kragtens die Franse grondwet, is die vlag van Frankryk. Die kleure van die vlag wat deur die Algemene Raad goedgekeur is het die volgende simboliese waardes: groen stel die woude voor, geel stel goud en ander minerale van die eilande voor en die rooi ster stel sosialisme voor.[1] Die vlag is identies aan dié van die vakbond UGT en die Mouvement de décolonisation et d'émancipation sociale (Dekolonisasie en Sosiale Bevrydingsbeweging) wat beide ten gunste van onafhanklikheid is.

  1. "Die Algemene Raad aanvaar die Guyanese vlag" (in Frans). 26 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2019. Besoek op 18 April 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search