Vlag van Ivoorkus

Vlag van Ivoorkus
Vlag van Ivoorkus
Vlag van Ivoorkus
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 3 Desember 1959
Ontwerp ’n Vertikale driekleur met oranje aan die vlagpaalkant, wit in die middel en groen aan die wapperkant.

Die nasionale vlag van Ivoorkus is op 3 Desember 1959 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale driekleur in die kleure oranje-wit-groen, met oranje aan die vlagpaalkant.

Na onafhanklikheid het Ivoorkus ’n alliansie van Wes-Afrikastate gevorm. Die vlae van hierdie state is deur die Pan-Afrika kleure (waarvan Ghana die eerste was) en die Franse driekleur (omdat Frankryk die koloniale mag in daardie gebied was) geïnspireer. Die vlag van Niger maak gebruik van dieselfde kleure as die vlag van Ivoorkus omdat Niger in alliansie was met Ivoorkus.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search