Vlag van Kaap Verde

Vlag van Kaap Verde
Vlag van Kaap Verde
Vlag van Kaap Verde
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 22 September 1992
Ontwerp ’n Blou agtergrond met ’n rooi baan met wit fraaiings in die onderste helfte en tien geel sterre in ’n sirkel.

Die nasionale vlag van Kaap Verde is op 22 September 1992 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou agtergrond met ’n dun rooi baan met wit fraaiings (wat so breed is soos die rooi baan) op die onderste helfte van die vlag. Daar is tien geel vyfpuntige sterre aan die vlagpaalkant van die vlag in ’n sirkelvorm. Die kleurverhouding van die vlag is 6:1:1:1:3 (blou:wit:rooi:wit:blou) en die middelpunt van die sterresirkel is 3/8 in die lengte van die vlag van die vlagpaalkant af.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search