Vlag van Oos-Turkestan

Vlag van Oos-Turkestan
Vlag van Oos-Turkestan
Vlag van Oos-Turkestan
Bynaam (ug) كۆك بايراق, Көк Байрақ, Kök Bayraq ("blou banier")
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant
Verhouding 2:3
Goedgekeur 1933
Ontwerp ’n Enkele hemelblou baan met ’n wit ster en sekelmaan effens links van die middel.

Die vlag van Oos-Turkestan, Oeigoeristan of Oos-Turkmenistan, ook bekend as Kök Bayraq (Oeigoers: كۆك بايراق, Көк Байрақ, letterlik: "blou banier") is op 12 November 1933 deur die Oos-Turkestaanse regering goedgekeur.[1] Dit is ’n simbool van die Oos-Turkestaanse onafhanklikheidsbeweging wat vir die selfbeskikking van die Chinese outonome gewes Xinjiang – soms Oos-Turkestan of Oeigoeristan genoem – pleit.[2]

Die vlag van Oos-Turkestan langs die vlag van Turkye in Istanboel

Die vlag lyk baie soos die Turkse vlag, insluitende ’n ster en sekelmaan wat die historiese Tengriisme verteenwoordig.[verwysing benodig] Die blou kleur verwys na die Gökturke, ’n groep van antieke nomadiese Turkse volke. Gökturke kan vertaal word as "Hemelse Turke". Soos die vlag van Tibet is die vlag van Oos-Turkestan weens die Oeigoere se strewe na onafhanklikheid in die Volksrepubliek China verbied en die besit of vertoning daarvan sal erg bestraf kan word. In teenstelling daarmee word die Oos-Turkestaanse vlag by pro-Oeigoerse optogte in die Republiek China op Taiwan gebruik.[3]

  1. (en) "Constitution – Article 3". Oos-Turkestaanse regering in ballingskap. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2018. Besoek op 1 Januarie 2020.
  2. (en) "Constitution – Article 4". Oos-Turkestaanse regering in ballingskap. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2018. Besoek op 1 Januarie 2020.
  3. (en) "I Am Uyghur and I Will Protest". The Diplomat. 8 Junie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2018. Besoek op 1 Januarie 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search