Vlag van Suid-Korea

Vlag van Suid-Korea
Vlag van Suid-Korea
Vlag van Suid-Korea
Bynaam (ko) Taegukgi/Taegeukgi
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 27 Januarie 1883[1]
Ontwerp ’n Enkele wit baan met ’n rooi-en-blou taeguk in die middel en ’n trigram gaande na elke hoek.
Wisselvormvlag van Suid-Korea
Wisselvormvlag van Suid-Korea
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 2:3
Ontwerp In die skildhoek ’n wit reghoek met die taeguk waaragter twee ankers gekruis is op ’n blou vaandel.

Die nasionale vlag van Suid-Korea is op 15 Augustus 1948 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele wit baan met ’n rooi-en-blou taeguk (’n simbool wat balans voorstel) in die middel en ’n trigram gaande na elke hoek van die vlag. Die Koreaanse naam van die vlag is Taegeukgi (of Taegukgi, Koreaans: 태극기; letterlik: "taegeuk-vlag).

Vlae soortgelyk aan die huidige Taegeukgi is as die nasionale vlag van Korea deur die Joseon-dinastie, die Koreaanse Keiserryk, asook die Koreaanse regering in ballingskap tydens die Japannese heerspan gebruik. Toe Suid-Korea op 15 Augustus 1945 van Japan onafhanklikheid verkry het, het dit die Taegeukgi as sy nasionale vlag in gebruik geneem.

  1. (en) "Suid-Korea". Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2019. Besoek op 28 Mei 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search