Bynaam | (bo) gangs seng dar cha ("sneeuleeu-vlag") |
---|---|
Gebruik | Burgerlike- en Staatsvlag en Nasionale vaandel |
Verhouding | 5:8 |
Goedgekeur | 1916 |
Ontwerp | Twee sneeuleeus met ’n vlammende blou, wit en oranje juweel en ’n blou en oranje jin en jang-simbool op ’n wit berg met ’n goue son wat daaroor styg, oor 12 rooi en blou wisselstrale met ’n goue fraiing om die boonste, onderste, en linkse vlagpaalkant van die vlag. |
Die vlag van Tibet, ook bekend as die "sneeuleeu-vlag" (Tibettaans: gangs seng dar cha),[1] is[2] die nasionale vlag van Tibet, goedgekeur deur die 13de Dalai Lama in 1916.[3] Dit is sedert 1959 deur die Chinese regering verban en word deur die hedendaagse Tibettaanse regering in ballingskap, gesetel Dharamshala, Indië, gebruik.[2] Soos die vlag van Oos-Turkestan is die vlag van Tibet weens die Tibettane se strewe na onafhanklikheid in die Volksrepubliek China verbied en die besit of vertoning daarvan sal erg bestraf kan word. In teenstelling daarmee word die Tibettaanse vlag by pro-Tibettaanse optogte in die Republiek China op Taiwan gebruik.[4]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search