Vlag van Tibet

Vlag van Tibet
Vlag van Tibet
Vlag van Tibet
Bynaam (bo) gangs seng dar cha ("sneeuleeu-vlag")
Gebruik Burgerlike- en Staatsvlag en Nasionale vaandel Burgerlike en staatsvlag en nasionale vaandel Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar
Verhouding 5:8
Goedgekeur 1916
Ontwerp Twee sneeuleeus met ’n vlammende blou, wit en oranje juweel en ’n blou en oranje jin en jang-simbool op ’n wit berg met ’n goue son wat daaroor styg, oor 12 rooi en blou wisselstrale met ’n goue fraiing om die boonste, onderste, en linkse vlagpaalkant van die vlag.

Die vlag van Tibet, ook bekend as die "sneeuleeu-vlag" (Tibettaans: gangs seng dar cha),[1] is[2] die nasionale vlag van Tibet, goedgekeur deur die 13de Dalai Lama in 1916.[3] Dit is sedert 1959 deur die Chinese regering verban en word deur die hedendaagse Tibettaanse regering in ballingskap, gesetel Dharamshala, Indië, gebruik.[2] Soos die vlag van Oos-Turkestan is die vlag van Tibet weens die Tibettane se strewe na onafhanklikheid in die Volksrepubliek China verbied en die besit of vertoning daarvan sal erg bestraf kan word. In teenstelling daarmee word die Tibettaanse vlag by pro-Tibettaanse optogte in die Republiek China op Taiwan gebruik.[4]

  1. (en) Goldstein, Melvyn C. (2009). A History of Modern Tibet: The Calm Before the Storm: 1951–1955. Vol. 2. University of California Press. p. 203.
  2. 2,0 2,1 (en) "The Tibetan National Flag". Central Tibetan Administration. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 20 Oktober 2018.
  3. (en) Dundul Namgyal Tsarong (10 Oktober 2000). In the Service of His Country: The Biography Of Dasang Damdul Tsarong Commander General Of Tibet. Shambhala. p. 51. ISBN 978-1-55939-981-4. Besoek op 20 Oktober 2018.
  4. (en) "Tibet, Taiwan and China – A Complex Nexus". The Diplomat. 24 November 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2017. Besoek op 3 Januarie 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search