Vlag van die Republiek China

Vlag van die Republiek China
Vlag van die Republiek China
Vlag van die Republiek China
Bynaam 青天白日滿地紅, letterlik “Blou lug, wit son en geheel rooi grond”
Gebruik Burgerlike- en Staatsvlag en Nasionale vaandel Burgerlike en staatsvlag en nasionale vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 1894 (deur die “Herleef China Geselskap”, oorspronklike weergawe)
1906 (byvoeging van die rooi veld)
1 Januarie 1912 (vlootvaandel)
5 Mei 1921 (deur die Guangzhou-regering)
9 Desember 1928 (in vastelandse China)
25 Oktober 1945 (in Taiwan)
Ontwerp ’n Enkele rooi baan met ’n blou skildhoek waarop ’n wit son met twaalf strale gesentreer is.
Ontwerp deur Lu Haodong en Sun Yat-sen
Vlag van die Republiek China
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   中華民國國旗
Vereenvoudigde Chinees   中华民国国旗
Pinyin Zhōnghuá Mínguó Guóqí
Betekenis Republiek China-vlag
Blou lug, wit son en geheel rooi grond
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   青天白日滿地紅
Vereenvoudigde Chinees   青天白日满地红
Pinyin Qīng Tiān, Bái Rì, Mǎn Dì Hóng
Betekenis Blou lug, wit son en geheel rooi grond

Die vlag van die Republiek China (ook bekend as die vlag van Taiwan of die Blou lug, wit son en geheel rooi grond) is op 1 Januarie 1928 deur die Republiek China aanvaar en op 25 Oktober 1949 deur die Republiek China op Taiwan. Die vlag vertoon ’n enkele rooi baan met ’n blou skildhoek waarop ’n wit son met twaalf strale gesentreer is. Die skyf en driehoeke simboliseer die son en die sonstrale wat daaruit voortvloei.

Die vlag is oorspronklik in 1894 deur die Anti-Qing-groepering, die “Herleef China Geselskap” ontwerp en die rooi baan is in 1906 deur Sun Yat-sen bygevoeg.

Die vlag is vir die eerste keer in 1912 as die Vlootvlag op die Chinese vasteland gebruik,[1] en is in 1928 deur die Kuomintang (KMT) tot die amptelike nasionale vlag van die Republiek China verklaar. Dit is vasgelê in artikel ses van die Grondwet van die Republiek China toe dit in 1947 gepromulgeer is. Die vlag word nie meer op die Chinese vasteland gebruik nie nadat die Volksrepubliek China in 1949 gestig is.

Aangesien die eilande van Taiwan en Penghu tot 1945 onder Japannese beheer was, is die vlag eers in 1945 aldaar gebruik toe die Republiek China beheer verkry het. Die vlag word nou oorwegend gebruik in Taiwan, Penghu, Kinmen, Matsu en ander afgeleë eilande waarheen die Republiek China verplaas is nadat hulle in 1949 tydens die Chinese Burgeroorlog verslaan is.

  1. (en) Amptelike gaset van die Vlootdepartement van die Republiek China, Julie 1912, bl. 344, pdf Geargiveer 8 Maart 2021 op Wayback Machine, Nasionale Sentrale Biblioteek – Aanlyngaset

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search