Vleiland

'n Vleiland in die Amerikaanse staat Illinois.
Vleiland Passewaaij in Tiel, Gelderland.

'n Vleiland is 'n gebied wat met water versadig is, hetsy permanent of seisoenaal, sodanig dat dit 'n duidelik identifiseerbare ekosisteem vorm.[1] Vleilande word van ander landvorme onderskei deur die unieke grondeienskappe en plantegroei. Vleilande lok gewoonlik 'n groot aantal voëls, amfibieë en ander roofdiere.

'n Vleiland kan moerasagtig wees, maar alle vleilande is nie noodwendig moerasagtig nie. Vleilande kan volgens seisoen afwisselend nat of droog wees.

Verskeie vleilande reg oor die wêreld word onder die Ramsar-konvensie en die AEWA-verdrag beskerm.

  1. Mitsch & Gosselink, 1986

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search