Vliegwiel

Vliegwiel van 'n aansitter. Let op die kransrat aan die buitekant.

'n Vliegwiel is 'n roterende skyf wat gebruik word om kinetiese energie te stoor. Vliegwiele weerstaan verandering in hul draaisnelheid, wat help om 'n as stabiel te hou as 'n wisselende wringkrag daarop uitgeoefen word, soos in die geval van 'n suiergebaseerde resiprokerende enjin, of wanneer die lading wat daarop geplaas word nie reëlmatig is nie (soos in die geval van 'n suierpomp). Vliegwiele kan ook gebruik word om baie hoë elektriese energiepolse te skep vir sekere soorte eksperimente waar dit nie moontlik sou wees om dit van die verspreidingsnetwerk te trek nie. Vliegwiele het in die meer onlangse verlede ook baie aandag geniet as moontlike toestelle vir die stoor van energie vir gebruik in voertuie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search