Volksraad van die Zuid-Afrikaansche Republiek

Die wapenskild van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Die Volksraad ontvang pres. Paul Kruger by die Ou Raadsaal, om en by 1890
Die Ou Raadsaal in Pretoria

Die Volksraad van die Zuid-Afrikaansche Republiek was die parlement van die voormalige Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), ook bekend as die Transvaalse Republiek. Die ZAR het bestaan vanaf 1857 tot 1902 as deel van wat nou die Republiek van Suid-Afrika is. Die Volksraad was vir die grootste deel van die bestaan daarvan 'n eenkamerstelsel.[1] Dit het ophou bestaan na die Britse oorwinning in die Tweede Vryheidsoorlog wat gelei het tot die totstandkoming van die Transvaalkolonie wat in 1910 deel geword het van die Unie van Suid-Afrika.

  1. MCE van Schoor en Jan J van Rooyen, Republieke en Republikeine, Nasionale Boekhandel Bpk, 1960

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search