Voorhuid

Anatomie van die manlike geslagsorgane:
1. Blaas, 2. Skaambeen, 3. Penis, 4. Swelliggaam, 5. Eikel, 6. Voorhuid, 7. Urinebuis, 8. Dikderm, 9. Rektum, 10. Saadblasie, 11. Saadleier, 12. Prostaat, 13. Cowper se klier, 14. Anus, 15. Saadleier, 16. Bytestis, 17. Testis, 18. Skrotum
Die voorhuid, wat die eikel bedek.

Die voorhuid in menslike anatomie is ’n dubbellaag-vou van gladde spierweefsel, are, senuwees, vel en slymvlies wat die eikel van die penis bedek. Dit is redelik beweegbaar en rekbaar, en dien as ’n natuurlike smeermiddel.

Die voorhuid kan gewoonlik teruggetrek word oor die eikel. Die mate van bedekking van die eikel in ’n slap of erekte toestand hang van die lengte van die voorhuid af.[1] Die voorhuid is met geboorte aan die eikel vas en kan gewoonlik nie by kinders teruggetrek word nie.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is die doel van die voorhuid onseker – dit kan onder meer wees om die eikel klam te hou, die ontwikkelende penis te beskerm of seksuele plesier te verhoog vanweë die teenwoordigheid van senuweereseptors.[2]

Die voorhuid kan deur verskeie siektetoestande geraak word.[3] Die meeste gevalle is skaars en kan maklik behandel word. In sommige gevalle, veral as die toestand chronies is, kan behandeling besnydenis insluit, ’n prosedure waarydens die voorhuid gedeeltelik of heeltemal verwyder word.

Ook niemenslike primate het ’n voorhuid. Dit sluit die sjimpansee in.[2]

Nadat die voorhuid van die eikel geskei geraak het, kan die binneste en buitenste laag van die voorhuid teruggetrek word om die eikel te ontbloot.
  1. "Coverage Index". Newforeskin.biz (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2018. Besoek op 3 November 2013.
  2. 2,0 2,1 "Male circumcision: Global trends and determinants of prevalence, safety and acceptability" (PDF). World Health Organization. 2007.
  3. Manu Shah (Januarie 2008). The Male Genitalia: A Clinician's Guide to Skin Problems and Sexually Transmitted Infections. Radcliffe Publishing. pp. 37–. ISBN 978-1-84619-040-7.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search