Vraag en aanbod

Die prys (P) van 'n produk word bepaal deur 'n ewewig tussen produksie by elke prys (aanbod – S) en die begeertes van diegene met koopkrag by elke prys (vraag – D). Die diagram toon 'n positiewe verskuiwing in die vraag van D1 na D2, wat lei tot 'n styging in die prys (P) en die hoeveelheid (Q) wat van die produk verkoop word.

In mikro-ekonomie is vraag en aanbod 'n ekonomiese model van prysbepaling in 'n mark. Dit verklaar dat in 'n mededingende mark sal die eenheidprys vir 'n besonder produk of ander verhandelbare item soos arbeid of vloeibare finansiële bates wissel totdat dit tot stilstand kom op 'n punt waar die hoeveelheid wat verlang word (teen die huidige prys) gelyk is aan die hoeveelheid wat aangebied word (teen die huidige prys), wat lei tot 'n ekonomiese ewewig tussen die prys en die hoeveelheid wat verkoop word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search