Vrugbeginsel

Die vroulike blom van die skorsie wat die stamper, saadknoppies en kroonblare wys. Die kroon- en kelkblare is bo die vrugbeginsel, en laasgenoemde is dus onderstandig.

Die vrugbeginsel in blomplante is deel van die vroulike voortpantingsorgane van die blom. Dit is spesifiek die deel van die stamper wat die saadknoppie(s) bevat en is bo, onder of in die middel van die blombodem (die basis van die kroonblare en kelkblare) geleë. Die stamper kan uit een vrugblaar of uit verskeie vrugblare bestaan. Bo die vrugbeginsel is die blomstyl en die stempel, die plek waar die stuifmeel land en ontkiem om deur die styl na die vrugbeginsel te groei. Elke individuele stuifmeelkorrel bevrug een individuele saadknoppie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search