Vrye Hansestad Bremen

Freie Hansestadt Bremen
Free Hansestadt Bremen[1]
Vrye Hansestad Bremen
Landsvlag Landswapen
(Besonderhede) (Besonderhede)
Leuse

„Buten un binnen – wagen un winnen“
(„Buite en binne – waag en win“)
Inskrif oor die portaal van die Schütting
Leuse van die Breemse koopmans
Basiese gegewens
Ampstaal: Duits (Nederduits as erkende minderheidstaal)
Hoofstad: Bremen
Stigting: 21 Januarie 1947
Oppervlakte: 419,38 km² (16de)
Bevolking: 684 864[2] (16de) (31 Desember 2022)
Bevolkingsdigtheid: 1 633 inwoners / km² (3de)
Volkslied (Landeshymne): Der Bremer Schlüssel
BBP
 - Totaal
 - % Verandering teenoor vorige jaar
2022
38,698 miljard €[3]
9,2%
Skuldlas per inwoner: : 52 765 € (30 Junie 2023)
Totale skuldlas: 36,137 miljard €[4] (30 Junie 2022)
Werkloosheidsyfer: 10,6%[5] (Junie 2023)
ISO 3166-2: DE-HB
Amptelike webwerf: www.bremen.de
Politiek
President van die Senaat: Andreas Bovenschulte (SPD)
Regerende party: SPD, Bündnis 90/Die Grünen en Die Linke
Setels in die parlement (Bürgerschaft)
(87 setels) (2019: 84 setels):
SPD 27 (2019: 23)
CDU 24 (24)
Bündnis 90/Die Grünen 11 (16)
Die Linke 10 (10)
FDP 5 (5)
BIW 10 (1)
Laaste verkiesing: 14 Mei 2023
Volgende verkiesing: Mei 2027
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 3 (van 69)
Kaart

Die Vrye Hansestad Bremen (Duits: Freie Hansestadt Bremen; Nederduits: Free Hansestadt Bremen) is die kleinste van Duitsland se sestien deelstate met 'n oppervlakte van 419,38 vierkante kilometer en 'n bevolking van 684 864 (soos op 31 Desember 2022). In administratiewe opsig bestaan die deelstaat net uit die twee stede Bremen en Bremerhaven, wat sowat 60 km van mekaar af lê en twee enklawes in die deelstaat Nedersakse vorm. Die stad Bremen lê aan die Weserrivier, Bremerhaven by sy monding in die Noordsee. So is die Vrye Hansestad Bremen die enigste van Duitsland se sestien deelstate wat nie or 'n samehangende staatsgebied beskik nie.

  1. (de) Carl V. Scholz (Übers.): Landesverfaten vun de Free Hansestadt Bremen Geargiveer 24 September 2015 op Wayback Machine. Bremische Bürgerschaft, Schuster Leer, Bremen 2004. ISBN 3-7963-0362-5
  2. (de) "Bevölkerungsentwicklung 2022 im Land Bremen" (PDF). Statistisches Landesamt Bremen. 1 Junie 2023. Besoek op 30 Junie 2023.
  3. (de) "Bruttoinlandsprodukt von Bremen von 1970 bis 2022". Statista. 19 April 2023. Besoek op 30 Junie 2023.
  4. (de) "Vorläufiger Schuldenstand der Länder". Destatis. 30 Junie 2020. Besoek op 30 Junie 2023.
  5. (de) "Arbeitslosenquoten im Juni 2023 – Länder und Kreise". Statistik der Bundesagentur für Arbeit. Junie 2023. Besoek op 30 Junie 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search