Vrystaat

Vrystaat Provinsie
Free State Province
Foreistata

Vlag

Wapen
Ligging van die Vrystaat
Hoofstad Bloemfontein
Grootste stad Bloemfontein
Oppervlakte
– Totaal
Geranglys 3de
129 480 vk km
Bevolking[1]
 – Totaal (2011)
 – Bev.digtheid
Geranglys 8ste
2 745 590
21 / vk km
Tale Suid-Sotho (64,2%), Afrikaans (12,7%), Xhosa (11,5%), Tswana (5,2%), Engels (2,9%), Zoeloe (1,4%)
Etniese verdeling Swart mense (87,6%), Wit mense (8,7%),
Bruin mense (3,1%),
Asiërs (0,4%)
Premier Maqueen Letsoha-Mathae (ANC)

Die Vrystaat (Suid-Sotho: Foreistata, Engels: Free State) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Sy hoofstad is Bloemfontein wat ook Suid-Afrika se geregtelike hoofstad is.

Die Vierde Raadsaal, setel van die Vrystaatse provinsiale wetgewer

Op 'n landkaart lyk die Vrystaat nog net soos die ou Boererepubliek van die negentiende eeu, die Oranje-Vrystaat – in die landelike hartland van Suid-Afrika. Maar in die twintigste eeu is sy landelikheid veral in die noorde dramaties verander deur die ontdekking van goud en die vervaardiging van olie uit steenkool. Die ou naam Oranje-Vrystaat is in Junie 1995 tot Vrystaat verkort.

  1. (en) "2011-sensus" (PDF). Statistiek Suid-Afrika. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 November 2015. Besoek op 13 November 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search