Wankelenjin

Wankelenjin in die Duitse Museum

Die Wankelenjin is 'n tipe binnebrandenjin wat deur Duitse ingenieur Felix Wankel uitgevind is, en gebruik 'n roterende suier in plaas van resiprokerende suiers. Die ontwerp beloof gladde hoë-omwenteling-per-minuut krag van 'n kompakte, liggewig enjin. Wankelenjins word egter gekritiseer vir swak brandstofverbruik en oormatige uitlaatgasse.

Die enjin is in die 1960's deur NSU Motorenwerke AG (NSU), wat later deel van Audi geword het, en Mazda bekend gestel. Alhoewel baie vervaardigers die ontwerp gelisensieer het, en Mercedes-Benz dit in hulle C-111 konsepmotor gebruik het, het slegs Mazda groot getalle Wankelenjins vervaardig. Sedert 2005 is die enjin slegs beskikbaar in die Mazda RX-8.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search