Waterdraer (sterrebeeld)

Vir ’n artikel oor die sterreteken Waterdraer, sien Waterdraer (sterreteken).
Waterdraer
Latynse naam Aquarius
Genitief Aquarii
Afkorting Aqr
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 23h
Deklinasie -15º
Grootte 980 vk. grade (10de)
Kwadrant SQ4
Besonderhede
Hoofsterre 10, 22
Helderste ster Beta Aquarii (β Aqr; Sadalsuud)
Naaste ster EZ Aquarii (EZ Aqr)
Sterre helderder as 3 m 2
Sterre met planete 11
Messier-voorwerpe 3
Bayer-/Flamsteed-sterre 97
Meteoorreëns Maart-Aquariede, Eta-Aquariede, Delta-Aquariede, Jota-Aquariede
Aangrensende sterrebeelde
Visse, Vlieënde Perd, Vul, Dolfyn, Arend, Steenbok, Suidelike Vis, Beeldhouer, Walvis[1]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Waterdraer (Latyn: Aquarius) is ’n sterrebeeld in die diereriem, tussen die Steenbok en die Visse. Sy teken is (Unicode ♒), ’n voorstelling van water.

Die Waterdraer is een van die oudste bekende sterrestelsels in die diereriem[2] en was een van die 48 sterrebeelde wat genoem is deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus. Dit is steeds een van die 88 moderne konstellasies en 'n belangrike herfssterrebeeld vir waarnemers in die Noordelike Halfrond.[3] Dit is geleë in ’n streek wat dikwels "die See" genoem word vanweë die getal sterrebeelde wat daar voorkom wat met water verband hou, soos die Walvis, die Visse en die rivier Eridanus.[4]

  1. Thompson, Robert Bruce; Thompson, Barbara Fritchman (2007). Illustrated Guide to Astronomical Wonders. Sebastopol, California: O'Reilly Media. ISBN 978-0-596-52685-6.
  2. John H. Rogers, "Origins of the ancient contellations: I. The Mesopotamian traditions", Journal of the British Astronomical Association 108 (1998) 9–28
  3. John Sanford: Observing the Constellations. Londen: Guild Publishing/Mitchell Beazley Publishers 1989, bl. 18
  4. Thompson & Thompson 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search