Watersnoodramp

'n Huis verwoes in 1820 se watersnood

Nederland het 'n lang geskiedenis van oorstromings, wat watersnoodrampe genoem word. Keer op keer het duisende mense gesterf en dorpe en stede het verdwyn. Land het see geword en het later weer verslik of is ingepolder.

Ondergenoemde jare is bekend vir 'n watersnood wat plaasgevind het:[1]

838 • 1014 • 1042 • 1134 • 1163 • 1164 • 1170 • 1196 • 1212 • 1214 • 1219 • 1220 • 1221 • 1248/1249 • 1277 • 1280 • 1282 • 1287 • 1288 (I) • 1288 (II) • 1322 • 1334 • 1362 • 1374 • 1375 • 1377 • 1404 • 1421 • 1424 • 1468 • 1477 • 1509 • 1514 • 1530 • 1532 • 1552 • 1566 • 1570 • 1610 • 1643 • 1651 • 1675 • 1682 • 1686 • 1703 • 1717 • 1809 • 1820 • 1825 • 1855 • 1861 (I) • 1861 (II) • 1877 • 1906 • 1916 • 1926 • 1953 • 1962 • 1993 • 1995 • 2006.

Dié gebeurtenisse het hulle stempel op die geskiedenis van die land afgedruk en ook die kultuur en die politieke strukture beïnvloed. Nederland het byvoorbeeld nie net 'n departement van verdediging teen vyandelike aanvalle nie, maar ook 'n organisasie wat Rijkswaterstaat genoem word en verantwoordelik is vir die bevolking se beveiliging teen oorstromings.

Die oorstromingsgevaar kan van twee kante af kom:

  1. Die Noordsee, wat die dele van die land kan oorstroom as dit stormagtig is
  2. Die groot riviere Ryn en Maas wat die land kan oorstroom ná ’n groot reënval in Duitsland en Frankryk

Tradisioneel is die rampe genoem na die naamdae van heiliges van die Katolieke Kerk, maar sedert 1953 is dit nie meer gebruiklik nie.

  1. Bron: nl:Sjabloon:Navigatie stormvloeden Nederland

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search