Wellington, Wes-Kaap

Hierdie artikel handel oor die dorp in die Wes-Kaap. Vir plekke elders met dieselfde naam, sien die dubbelsinnigheidsblad by Wellington.
Wellington
Wellington se NG moederkerk troon uit bo Kerkstraat
Wellington se NG moederkerk troon uit bo Kerkstraat
Wellington is in Wes-Kaap
Wellington
Wellington
 Wellington se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°38′30″S 19°0′16″O / 33.64167°S 19.00444°O / -33.64167; 19.00444
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikKaapse Wynland
MunisipaliteitDrakenstein
Stigting1840[1]
Oppervlak
 • Totaal30,16 km2 (11,64 vk. myl)
Hoogte
99 m (325 ft)
Bevolking
 (2011)[2]
 • Totaal55 543
 • Digtheid1 842/km2 (4 770/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense15.4%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense67.3%
 • Swart mense16.2%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Afrikaans 81.2%
 • Xhosa 10.7%
 • Engels 5.9%
 • Ander 2.1%
Poskode (strate)
7655
WebwerfWellington Tourism

Wellington is 'n dorp in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika, wat in 1840 na die hertog van Wellington genoem is. Dit is die geboorteplek van die Voortrekker Piet Retief en generaal J.B.M. Hertzog en maak deel uit van die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit waarvan Paarl die setel is. Dit het in 2011 'n bevolking van 55 543 gehad.[2]

Dit was oorspronklik "Wagenmakersvallei" en tot die koms van die motorkar een van Suid-Afrika se belangrikste wamakersentrums. 'n Sentrum vir wyn, koring en vrugte met 'n belangrike inmaakfabriek vir droëvrugte is in die dorp geleë, asook 'n belangrike opleidingsentrum en tuiste van die Hugenote Kollege, in 1874 gestig as Hugenote-Seminarie, eerste inrigting in Suid-Afrika vir hoër onderwys vir vroue. Dit is die tuiste van 'n afdeling van die Skiereilandse Universiteit van Tegnologie en die jaarlikse Stokkiesdraaifees.

Die dorp spog met 'n aantal historiese Kaaps-Hollandse huise, waaronder die bekende Twist Niet in Bergstraat. Langs die pad na die nabygeleë dorpie Bovlei kan die kerk van die Nederduitse Gereformeerde sendingstasie Wagenmakersvallei besigtig word. Die kerkgebou is in 1820 gewy.

Noord van die dorp, op die plaas Versailles, staan 'n historiese blokhuis uit die Tweede Vryheidsoorlog.

Wellington se sakekern, met die NG kerk Moedergemeente en die sneeubedekte Wemmershoekspits daaragter


  1. "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 2 Julie 2016.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 "Hoofplek Wellington". Sensus 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search