Wigskrif

Wigskrif
Wigskriftablet van die Kirkor Minassian-versameling in die Amerikaanse Kongresbiblioteek.
Wigskriftablet van die Kirkor Minassian-versameling in die Amerikaanse Kongresbiblioteek.
Soort skryfstelsel   Logografie gebruik as ’n lettergreepskrif
Tyd gebruik 3400 v.C. - 100 n.C.
Rigting Links na regs
Tale Akkadies, Eblaïties, Elamities, Hetities, Horeties, Luwiaans, Sumeries, Urarties, Oud-Persies
Stelsels
Moederstelsels
Tydperk voor skrif
  • Wigskrif
ISO 15924 Xsux, 020
Unicode Cuneiform, U+12000 tot U+123FF (Sumero-Akkadiese Wigskrif)
U+12400 tot U+1247F (Nommers)
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Wigskrif (of spykerskrif) is een van die vroegste bekende skryfstelsels. Dit is in die laat 4de millennium v.C. deur die Sumeriërs ontwikkel en is begin as 'n stelsel van piktogramme. Mettertyd is die prentvoorstellings vereenvoudig of in meer abstrakte vorm weergegee.

Wigskrif is geskryf op kleitablette, waarop simbole geteken is met 'n stomp riet wat 'n stilus of skryfstif genoem word. Die merke van die stilus was wigvormig, wat aanleiding gegee het tot die naam wigskrif.

Die Sumeriese skrif is aangepas vir die skryf van Akkadies, Eblaïties, Elamities, Hetities en Luwiaans, wat op hul beurt die Oud-Persiese en Oegaritiese alfabet geïnspireer het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search