Wikipedia:Dubbelsinnigheid

Opklaar van dubbelsinnigheid
Opklaar van dubbelsinnigheid

In Wikipedia en ander Wikimediaprojekte is daar altyd 'n risiko van dubbelsinnigheid wanneer 'n enkele term met twee of meer artikels geassosieer kan word. In sommige gevalle is hierdie term dan ook die natuurlike naam (sien Titelriglyne) van twee of meer artikels. In Wikipedia word dubbelsinnigheidsblaaie gebruik om hierdie dubbelsinnigheid op te klaar.

'n Voorbeeld hiervan is Ceres. Verwys die term na die dorp, Ceres, in die Wes-Kaap? Of Ceres vrugtesappe, wat van Ceres afkomstig is? Miskien vewys die term na die dwergplaneet Ceres, of na die Romeinse godin na wie die dorp en dwergplaneet vernoem is.

Wanneer daar dus 'n risiko van verwarring is, is dit handig om 'n dubbelsinnigheidsblad te skep.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search