Wikipedia:Transklusie

Hierdie artikel of onderafdeling van die artikel is onder ontwikkeling.
As u wil bydra tot die ontwikkeling daarvan, spring gerus in, maar moet dit asseblief nie uitvee nie.
Software Development

Transklusie is die insluit of inklusie van die inhoud van een dokument binne ʼn ander dokument deur verwysing. By Wikipedia-transklusie sal die MediaWiki-sagteware na die inhoud van een bladsy, die sjabloon, verwys vir insluiting in die inhoud van enige ander bladsy in, die teikenbladsy. Soortgelyk aan die manier waarop enige bladsynaam ʼn skakel kan word deur die naam binne dubbele vierkanthakies te plaas, kan enige bladsynaam ʼn sjabloon word deur die naam binne dubbele krulhakies te plaas, {{Naamruimte:Bladsynaam}}. Wysigings wat dan op die sjabloon gemaak word sal outomaties op alle bladsye aangebring word waarin daardie sjabloon getranskludeer is (hoewel ‘n skrap soms nodig kan wees.)

Indien die sjabloon se bladsynaam nie met ʼn naamruimte begin nie, word aangeneem dat dit in die sjabloonnaamruimte lê. Om na ʼn bladsy in die "Hoof" (artikel) naamruimte te verwys moet ʼn dubblepunt (:) vooraan geplaas word. Voorbeelde:

Beheer kan uitgeoefen word oor wat vanaf ʼn bladsy getranskludeer word deur die merkers <noinclude>, <onlyinclude> en <includeonly> in die bronblad se wikiteks te plaas. (Sien markeertaal, hieronder.) Die merkers bemagtig die sjabloon om gedeeltelik te transkludeer, anders sal die dubbele krulhakies al die inhoud deurentyd transkludeer. Vir selektiewe transklusie word die <includeonly>-gedeeltes van die sjabloon name gegee (met die hulp van ontlederfunksies) en dan geroep met die parameter transcludesection=naam.

Transklusiegebeurtenisse geskied elke keer as die bladsy laai, wanneer die sjabloon verbeeld word. Nog ʼn gebruik van hierdie meganisme is ʼn eenmalige plaasvervanging van die sjabloonoproep self met sy getranskludeerde bronblad. ʼn Sjabloonoproep {{volledige bladsynaam}} met die "subst:" voorvoegsel {{subst:volledige bladsynaam}} word eenmaal getranskludeer en nie weer nie, aangesien die wikiteks van daardie oproep vervang word as die bladsy gestoor word. Wat ʼn eenmalige sjabloonoproep was, word ten tyde van die sjabloon se oproep sy werklike wikiteks.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search