Wikipedia:Verifieerbaarheid

Die belangrikste faktor in 'n artikel se toevoeging tot Wikipedia is verifieerbaarheid, nie die waarheid nie. "Verifieerbaarheid" in hierdie geval beteken dat enige leser behoort na te kan gaan dat die inhoud van Wikipedia reeds in 'n betroubare bron gepubliseer is. Redigeerders behoort 'n betroubare bron vir aanhalings of enige ander materiaal wat bevraagteken word (of bevraagteken kan word) te verskaf. Sulke materiaal wat nie na 'n betroubare bron verwys nie, kan verwyder word.

Wikipedia:Verifieerbaarheid is 'n kernbeleid by Wikipedia. Die ander sluit in Wikipedia:Geen oorspronklike navorsing en Wikipedia:Neutrale standpunt. Die beleid bepaal gesamentlik die tipe en kwaliteit van materiaal wat aanvaarbaar in Wikipedia-artikels is. Hulle moet nie afsonderlik van mekaar geïnterpreteer word nie en redigeerders behoort te probeer om hulself met al drie vertroud te maak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search