Wildsbok

Hierdie artikel handel oor lede van die familie Bovidae (Engels antelope); vir ander gebruike van "bok", sien bok (dubbelsinnig).

Wildsbok
'n Rooibok
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Mammalia (Soogdiere)
Orde:
Familie:
Bovidae (Horingdraers)
LeweDomeinKoninkrykFilumKlasOrdeFamilieGenusSpesie

'n Wildsbok is 'n soogdier wat geklassifiseer word in die familie Bovidae (Horingdraers of beesfamilie). Wildsbokke is 'n groep diere wat nie baie gemeenskaplike eienskappe het nie, maar wat nie in die kategorieë skape, beeste, bokke of buffels hoort nie. Inheemse wildsbokke word veral in Afrika aangetref, maar ook in Asië en Indië. Die mees akkurate manier om die groep diere te beskryf is dat hulle plantvretende ewehoewige soogdiere is wat twee horings op hul kop het. Hulle is gewoonlik maer, met dun bene, sterk agterkwarte en 'n kort stert.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search