Witwyn word - in teenstelling met rooiwyn - meesal van wit druiwe gemaak. Ook die produksiemetode verskil van dié van rooiwyn. Hierby word die druiwesap sonder die doppe en stingels gefermenteer.
Aangesien die doppe naastenby eenhonderd persent van die druiwe se kleurstowwe bevat, is dit eweneens moontlik om witwyn van rooi druiwe te maak. Hierby word die druiwe vinnig na die wynkelder geneem en gepers. Doppe (skille) en sap word onmiddellik daarna van mekaar geskei.
Witwyn, wat van rooi kultivars gemaak is (veral uit die omgewing van Bordeaux), word Claret (Frans: Clairet) genoem. Blanc de Noir is 'n Franse wyn uit die Champagnestreek, wat eweneens van rooi druiwe gepers word.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search