Wladiwostok

Wladiwostok
Владивосток

Ligging in Oos-Rusland Wapen
Vlag
 Land Vlag van Rusland Rusland
 Krai Primorski-krai
 Koördinate 43°8′N 131°54′O / 43.133°N 131.900°O / 43.133; 131.900
 Gestig op 2 Julie 1860
 Stadstatus 22 April 1880
 Oppervlakte:  
 - Totaal 331,16 vk km
 Hoogte bo seevlak 171 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2018-beraming) 604 901
 - Bevolkingsdigtheid 1 814/vk km
 Tydsone UTC+11
 Burgemeester Jewgeni Poesjkarjof
 Amptelike webwerf www.vlc.ru

Wladiwostok (Russies: Владивосто́к, [vlədʲɪvɐˈstok], , letterlik: "heerser oor die ooste") is die hoofstad van die Primorski-krai in die ooste van Rusland en het 'n geraamde bevolking van 604 901 (2018).[1] Die Wladiwostok Internasionale Lughawe is naby aan die stad geleë, en die stad se hawe is die basis van die Russiese Vloot in die Stille Oseaan.

Wladiwostok is naby die Russiese grens met beide Noord-Korea en die Volksrepubliek China geleë; Harbin in die Volksrepubliek China is sowat 515 km (320 myl) in die weste en Sapporo in Japan is sowat 775 km (482 myl) oos oorkant die See van Japan.

  1. "Город Владивосток". Города России (in Russies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2019. Besoek op 28 Junie 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search