Woiwodskap Subkarpate

Vlag van die Woiwodskap Subkarpate
Vlag van die Woiwodskap Subkarpate
Woiwodskap
Subkarpate
Kaart
Wapen en vlag
Wapen van die Subkarpate Vlag van die Subkarpate
Basiese gegewens
Hoofstad: Rzeszów
Woiwode: Małgorzata Chomycz
Woiwodskapsmaarskalk: Mirosław Karapyta
Grootste stad: Rzeszów
ISO 3166-2: PL-PK
Nommerplate: R
Bevolking: 2 103 505 (2011)
Bevolkingsdigtheid: 118 inw./km²
Geografie
Oppervlakte: 17 845,66 km²
- waarvan land: ? km²
- waarvan water: ? km²
Strekking: Noord-suid: tot 180 km
Wes-oos: tot 169 km
Hoogste punt: 1346 m bo seevlak
Laagste punt: 138 m bo seevlak
Landskapstruktuur
Bosse: 36,9 %
Waterliggame: ? %
Landbou: 42,6 %
Ander: ? %
Administratiewe indeling
Selfregerende stede: 4
Powiat (landelike munisipaliteite): 21
- Nedersettings sonder stadstatus: 159
- Stedelike nedersettings: 45

Die Woiwodskap Subkarpate (Pools: województwo podkarpackie) is een van 16 woiwodskappe in die Republiek van Pole. Dit is met die administratiewe hervorming van 1999 deur die samesmelting van die vroeëre woiwodskappe Rzeszów, Przemyśl en Krosno geskep. Die administratiewe hoofstad en grootste stedelike nedersetting is Rzeszów.

Die Woiwodskap Subkarpate is in die uiterste suid-ooste van Pole geleë en grens aan Oekraïne en Slowakye. Die suide van die woiwodskap word deur die berglandskap van die Karpate oorheers. 'n Groot deel van die gebied word deur die Oostelike Beskiede-bergreeks met die Bieszczady, die Lae Beskiede en die Beskiede-voetheuwels (Pogórze Beskidzkie) beslaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search