Wolf-Rayetster

’n Infrarooifoto deur die Hubble-ruimteteleskoop van die W-ster WR124. Die wolk om die ster is die newel M1-67.

’n Wolf-Rayetster, meestal afgekort as WR-ster, is ’n swaar ster met ’n massa van meer as 20 sonmassas wat sy massa vinnig verloor weens ’n baie sterk sonwind. Die sonwind kan ’n snelheid van tot 2 000 km/s hê. Sulke sterre verloor jaarliks ’n hoeveelheid massa gelyk aan 10-5 sonmassas. (Die Son verloor jaarliks ’n 10-14-deel van sy massa.)

WR-sterre is baie warm; hul temperatuur kan wissel tussen 25 000 en 50 000 Kelvin. Vanweë die enorme temperature en massaverlies het die sterre ’n blou kleur. Hulle is redelik seldsaam; daar is maar ’n paar honderd bekend. Hulle is genoem na die sterrekundiges Charles Wolf en Georges Rayet wat dié soort ster in 1867 ontdek het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search