X-chromosoom

Die X-chromosoom is een van twee geslagschromosome in soogdiere, insluitend die mens, en baie ander diere. Die ander een is die Y-chromosoom. X is ’n groot en lang chromosoom met sowat 900 tot 1 200 gene. Baie van dié gene het niks met die geslagsbepaling van ’n mens te doen nie, omdat die Y-chromosoom daarvoor verantwoordelik is.

Die X-chromosoom is deur vroeë navorsers so genoem na aanleiding van sy unieke eienskappe, en dit het gelei tot die naam Y-chromosoom, na die volgende letter in die alfabet, nadat dit later ontdek is.[1]

Elke gesonde mens het 23 paar chromosome: 22 paar outosome en een paar geslagschromosome. Wanneer iemand een Y en een X het (46,XY), is hy manlik; vroue het twee X-chromosome (46,XX). Die 46 dui die getal chromosome aan (23 paar).

  1. Angier, Natalie (1 Mei 2007). "For Motherly X Chromosome, Gender Is Only the Beginning" (in Engels). New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 1 Mei 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search