X-straaldubbelster

’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n X-straaldubbelster.

’n X-straaldubbelster is ’n soort dubbelster wat baie X-strale uitstuur. Een van die komponente van die dubbelsterstelsel is ’n kompakte voorwerp soos ’n witdwerg, neutronster of swartkolk. Die ander ster word die begeleidende ster genoem.

Die twee voorwerpe word deur middel van swaartekrag verbind en draai om hul massamiddelpunt. Die begeleidende ster kan materie oordra aan die kompakte voorwerp en dié materie stel energie vry in die vorm van X-strale.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search