Xhosa

Hierdie artikel handel oor die Xhosataal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Xhosas.
Xhosa
isiXhosa 
Uitspraak: [isikǁʰɔ́ːsa]
Gepraat in: Vlag van Lesotho Lesotho
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 
Gebied: Oos-Kaap, Wes-Kaap
Totale sprekers: 8,2 miljoen (moedertaal, 2011)[1]
11 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)[2] 
Rang: 90
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoïed
     Suidelike Bantoïed
      Bantoetale
       Suidelike Bantoetale
        Nguni
         Xhosa 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Gereguleer deur: Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad
Taalkodes
ISO 639-1: xh
ISO 639-2: xho
ISO 639-3: xho

Xhosa (isiXhosa, [isikǁʰɔ́ːsa], in Xhosa) is die taal van die Xhosas en is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 8,2 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus). Dit maak dit die taal met die tweede meeste moerdertaalsprekers in Suid-Afrika ná Zoeloe. Omtrent 11 miljoen mense gebruik Xhosa as tweede taal, en dit is die tweede mees verspreide taal in Suid-Afrika. Die taal is ook nou verwant aan Zoeloe en is deel van die Nguni-taalfamilie: Xhosa en Zoeloe is onderling verstaanbaar en kan byna as dialekte van dieselfde taal gesien word. Xhosa is een van die amptelike tale van Zimbabwe.

Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Xhosataliges in 2011:

   0–20%

   20–40%

   40–60%

   60–80%

   80–100%

Geografiese verspreiding van Xhosa in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011:

   <1/km²

   1–3/km²

   3–10/km²

   10–30/km²

   30–100/km²

   100–300/km²

   300–1000/km²

   1000–3000/km²

   >3000/km²

Die taal was oorspronklik slegs 'n spreektaal gewees (soos baie ander inheemse tale van Afrika). Eers sedert persone van Europese afkoms, soos die Engelsman Henry Hare Dugmore, die taal bestudeer en 'n grammatika ontwikkel het vir 'n geskrewe taal, kon mense ook in Xhosa skryf. Alle oorvertellings was dus mondelings, of in 'n ander taal wat neergeskryf kon word. Daarom is dit ook moeilik om geskrewe geskiedenis te vind.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Xhosa" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op 17 Januarie 2019.
  2. (en) Webb, Vic. 2002. "Language in South Africa: the role of language in national transformation, reconstruction and development." Impact: Studies in language and society, 14:78

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search