Zamzam-put

Pelgrims by die Zamzam-put.
Die plek waar Zamzam-water vir mans beskikbaar is.

Die Zamzam-put (ook Put van Zamzam of net Zamzam; Arabies: زمزم) is ’n put in die Al-Masdjid al-Haram in Mekka, Saoedi-Arabië. Dit is geleë 20 m oos van die Kaäba,[1] die heiligste plek in Islam. Volgens dié geloof het die waterbron wonderbaarlik ontstaan toe Abraham se seun, Ismael, dors was en gehuil het vir water. Miljoene pelgrims besoek Mekka elke jaar en drink van die Zamzam se water as deel van die hadj of oemra.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named survey

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search