Zenon van Elea

Zenon van Elea
Standbeeld van Zenon van Elea of Zeno van Citium

Gebore ca. 490 v.C.
Elea
Oorlede ca. 430 v.C. (op ca. 60)
Elea of Sirakuse
Nasionaliteit Antieke Griekeland
Vakgebied Metafisika, ontologie
Bekend vir Zenon se paradokse
Beïnvloed deur Parmenides
Invloed op Plato, Aristoteles, Protagoras, Gorgias

Zenon van Elea (Grieks: Ζήνων ὁ Ἐλεάτης) (ca. 490 v.C. – ca. 430 v.C.) was 'n Voorsokratiese Griekse filosoof van suid-Italië en 'n lid van die Eleatiese skool wat deur Parmenides gestig is. Aristoteles het hom die uitvinder van die dialektiek genoem.[1] Hy is besbekend om sy paradokse, wat deur Bertrand Russell beskryf is as "onmeetlik subtiel en diepsinnig".[2]

  1. Gesiteer in Diogenes Laërtios 8.57 en 9.25.
  2. Russell, bl. 347: In hierdie eiesinnige wêreld is niks meer wispelturig as postume roem nie. Een van die mees merkwaardige slagoffers van die nageslag se gebrek aan oordeel is die Eleatiese Zenon. As uitvinder van vier argumente, elkeen onmeetlik subtiel en diepsinnig, is hy weens die baarheid van daaropvolgende filosowe verklaar as 'n blote vindingryke woordspeler, en sy argumente as synde een en almal sofismes. Na twee duisend jaar van volgehoue weerlegging, is hierdie sofismes in ere herstel om die uitgangspunt van 'n wiskundige herlewing te word...

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search