Zanzibar

Zanzibar
Vlag van Zanzibar Wapen van Zanzibar
Vlag Wapen
Volkslied: Mungu ametubarikia[1]
(Swahili vir: "God het ons geseën")
Ligging van Zanzibar
Hoofstad Zanzibarstad

6°10′S 39°12′O / 6.167°S 39.200°O / -6.167; 39.200

Grootste stad Zanzibarstad
Amptelike tale Arabies, Engels en Swahili
Regering

President
• Eerste adjunk
• Tweede adjunk
Semi-outonome streek
van Tanzanië
Hussein Ali Mwinyi
Seif Sharif Hamad
Seif Ali Iddi
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Grondwetlike monargie
• Rewolusie
• Unifikasie

van die Verenigde Koninkryk
10 Desember 1963
12 Januarie 1964
26 April 1964
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 461[2] km2  ()
950 myl2
Bevolking
 - 2012-sensus
 - Digtheid
 
1 303 569[3]
529,7 / km2
1 371,9 / myl2
BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$860 miljoen[4]
$656

Geldeenheid Sjieling (TZS)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .tz
Skakelkode +255

Zanzibar (Arabies: زنجبار, Zanjibār) is 'n semi-outonome deel van Tanzanië in Oos-Afrika. Dit bestaan uit talle eilandjies in die Indiese Oseaan, 25 tot 50 kilometers vanaf die kus. Die twee grootste eilande is Oengoeja en Pemba. Die hoofstad van Zanzibar, Zanzibarstad, is op die Oengoeja-eiland gesetel. Die ou deel van die stad staan as Steenstad bekend en is 'n wêrelderfenisgebied. Al geniet Zanzibar 'n hoë graad van selfstandigheid, bly dit steeds deel van Tanzanië. In 1964 het dit met Tanganjika saamgesmelt om die Verenigde Republiek van Tanzanië te vorm.

Die eilande Oengoeja (links) en Pemba (regs), wat saam Zanzibar uitmaak

Zanzibar se hoofindustrieë is speserye (waaronder naeltjies, neutmuskaat, kaneel en peper), raffia en toerisme. Zanzibar is ook die tuiste van die endemiese Zanzibar-rooikolobusaap en die moontlik uitgestorwe Zanzibar-luiperd.

Die woord "Zanzibar" is moontlik afkomstig van die Persiese زنگبار, Zangi-bar ("kus van die swartes") en staan bekend as Zanji-bar in Arabies. "Zanzibar" kan ook 'n verwysing na die Zingiber-genus van gemmer wees. Die term "Zanzibar" word ook gereeld gebruik om na Oenjoega-eiland te verwys en daar word soms na Zanzibar in sy geheel verwys as die "Spesery-eilande", alhoewel hierdie term meer algemeen met die Molukke-eilande in Indonesië verbind word.

  1. (en) Kendall, David (2014). "Zanzibar". nationalanthems.info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2019. Besoek op 14 September 2016.
  2. (en) "Zanzibar profile". BBC News. 24 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2019. Besoek op 14 September 2016.
  3. (en) MWACHANG`A, DEVOTA (23 Mei 2014). "Kikwete to grace launch of 2012 statistics report". IPP Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2016. Besoek op 3 Julie 2014.
  4. (en) "Gross Domestic Product (GDP) in Zanzibar". ushnirs.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015. Besoek op 3 Julie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search