Chinese karakter

Chinese karakter
Die woord "Chinese karakter" in Tradisionele Chinees (links) en in Vereenvoudigde Chinees (regs)
Die woord "Chinese karakter" in Tradisionele Chinees (links) en in Vereenvoudigde Chinees (regs)
Soort skryfstelsel   Logografies
Tyd gebruik Bronstydperk tot vandag
Tale Chinees, Japannees, Koreaans, Viëtnamees
Stelsels
ISO 15924 Hani, 500
Unicode U+4E00–U+9FAF
U+3400–U+4DBF
U+20000–U+2A6DF
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Chinese karakters is simbole wat vir die skryf van Chinees en Japannees gebruik word. In die verlede is dit ook vir Koreaans en Viëtnamees gebruik. Hierdie karakters is al vir ten minste 3000 jaar lank in gebruik. Dit is die oudste skryfstelsel ter wêreld wat deurlopend gebruik is.

Klassieke Chinese skrif

Die karakters word in Chinees Hanzi (Vereenvoudigde Chinees: 汉字 / Tradisionele Chinees: 漢字) genoem, wat letterlik vertaal "Han-karakters" beteken. Han verwys na die Han-dinastie (206 v.C. – 220 n.C.) en is die naam wat die Han-Chinese gebruik om na hulleself te verwys. In Japannees staan die karakters as Kanji bekend.

Daar is letterlik tienduisende Chinese karakters, hoewel die meeste van hulle net effens van mekaar verskil en slegs in historiese tekste te sien is. Studies in China het getoon dat 3000 tot 4000 karakters normaalweg op 'n daaglikse basis gebruik word.

Verskeie Chinese karakters word tot vandag toe in Japannees en Koreaans gebruik. Die onderwysvlak van 'n Japannese persoon word geëvalueer deur die aantal Chinese karakters wat die persoon verstaan. As die betekenis van iets nie in Koreaans uitgedruk kan word nie, word dit algemeen met Chinese karakters in hakkies toegelig. Voor 1446 het die Koreane slegs Chinese karakters gebruik.

Chinese karakters is logogramme; hulle verteenwoordig hoofsaaklik woorde en nie klanke nie. Meeste van die vroeë Chinese karakters is piktogramme – eenvoudige prentjies wat gebruik word om woorde aan te dui, maar min van die moderne Chinese karakters is piktogramme. Baie van die moderne Chinese karakters bestaan uit 'n kombinasie van twee of meer eenvoudiger karakters.

Chinese karakters is 'n belangrike deel van die Oos-Asiatiese kultuur. Dit kan selfs as 'n abstrakte kuns bestempel word, omdat dit uit netjiese lyne en punte bestaan. Die kuns om Chinese karakters (of karakters van enige taal) te skryf, word kalligrafie genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search