Idealisme

Idealisme word gebruik as 'n benaming vir 'n aantal filosofiese strominge waarvan die gemeenskaplike faktor is dat "alles" tot geestelike beginsels herlei kan word. Dit kom dus daarop neer dat daar aan fisiese voorwerpe geen selfstandigheid toegeskryf kan word nie, aangesien alleen slegs dit wat in die gees is (naamlik; idees en grondbegrippe) werklikheidswaarde het. Breedweg kan daar twee strominge van idealisme onderskei word naamlik; die metafisiese idealisme, waaronder ook die Duits idealisme ressorteer, en die kennisteoretiese idealisme.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search