Nasionale Olimpiese Komitee

Vlag van die Olimpiese Spele.
Kaart wat die Nasionale Olimpiese Komitees volgens kontinente vertoon.

'n Nasionale Olimpiese Komitee (NOK) is 'n organisasie wat die belange van individuele lande in die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) behartig. Die "Olimpiese Beweging" in die betrokke land verteenwoordig, en stel die span wat aan die Olimpiese Spele gaan deelneem saam. Die 205 NOK's word verenig in die Assosiasie van die Nasionale Olimpiese Komitees (ANOK), wat in vyf kontinentale organisasies opgedeel is. Die ANOK kom elke twee jaar bymekaar.

Suid-Afrika se NOK is die Suid-Afrikaanse Sport Konfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search