Nobelprys vir fisika

  Nobelprys vir fisika 

Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Toegeken vir Uitstaande bydraes vir die mensdom in fisika
Borg Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe
Land Vlag van Swede Swede
Datum 10 Desember
Eerste toekenning 10 Desember 1901 (1901-12-10)
Webtuiste nobelprize.org

Die Nobelprys vir fisika (Sweeds: Nobelpriset i fysik) is ’n jaarlikse prys wat deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van fisika gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisiologie of geneeskunde, letterkunde en vrede.

Hoofgebou van die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe

Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir fisika tradisioneel tweede en op 'n Dinsdag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2023 is die prys aan altesaam 224 individue toegeken.[2] Nog net vyf vroue het dit gekry: Marie Curie in 1903, Maria Goeppert-Mayer in 1963, Donna Strickland in 2018, Andrea M. Ghez in 2020 en Anne L’Huillier in 2023.[3]

John Bardeen is een van twee bekroondes wat twee keer die Nobelprys in dieselfde vak toegeken is, in 1956 en 1972. Frederick Sanger is die ander en is twee keer met die Nobelprys vir Chemie bekroon, in 1956 en 1972. Twee ander het Nobelpryse twee keer gewen, een in chemie en een in 'n ander vak: Maria Skłodowska-Curie (fisika in 1903 en chemie in 1911) en Linus Pauling (chemie in 1954 en vrede in 1962).[4]

Die 2023-Nobelprys vir fisika is toegeken aan Pierre Agostini, Ferenc Krausz en Anne L’Huillier "vir eksperimentele metodes om attosekonde-pulse van lig te genereer vir die studie van elektrondinamika in materie".[5]

Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[6] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.

Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir fisika vanaf 1901 tot op hede. In 1916, 1931, 1934 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie; die toekenning van 1921 is in die volgende jaar toegeken, toe Albert Einstein die Nobelprys vir fisika ontvang het.


1900's1910's1920's1930's1940's1950's1960's1970's1980's1990's2000's2010's2020's

  1. (en) "Nomination and selection of Physics Laureates". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 3 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 3 Oktober 2023.
  2. (en) "All Nobel Prizes in Physics". Nobelprize.org. Nobel Media AB. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 3 Oktober 2023.
  3. (en) "Nobel Prize Awarded Women". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 3 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 3 Oktober 2023.
  4. (en) "Nobel Laureates Facts". Nobelprize.org. 3 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 3 Oktober 2023.
  5. (en) "The Nobel Prize in Physics 2023". The Nobel Foundation. 3 Oktober 2023. Besoek op 3 Oktober 2023.
  6. (en) "The Nobel Prize Amounts" (PDF). Nobelprize.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 3 Oktober 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search