Skryfkuns

Die boekdrukkuns gee die skryfkuns en lees 'n enorme hupstoot. Boekproduksie verhuis van die Middeleeuse kloosters na drukkerye in die stede. Vanaf die middel van die vyftiende eeu verskyn daar 'n ongekende hoeveelheid boeke op die rak.

Skryfkuns is die skep van oorspronklike teks of die weergee van taal via 'n medium deur tekens of simbole van 'n skryfstelsel te gebruik.[1] Iemand wat 'n teks lewer is 'n outeur. Dit kan professioneel (betalend) geskied soos digters en skrywers, historici en joernaliste of onbetaald as amateurs. Skrywers ontwikkel 'n eie skryfstyl.

"Geskrewe media" is kommunikasiemiddele met heelwat teks in nie-gesproke vorm, op papier of elektronies, soos koerante en tydskrifte.

  1. DANIELS P.T. The Study of Writing Systems. In: The World's Writing Systems, BRIGHT Ed. & DANIELS P.T. p. 3

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search