Taiwan (eiland)

Hierdie artikel handel oor die eiland in Asië. Vir die land wat algemeen as Taiwan bekend staan, sien Republiek China.
Taiwan
Inheemse naam: 臺灣 / 台湾/ Táiwān
Kaart van Taiwan
Kaart van Taiwan
Geografie
Ligging Oos-Asië
Koördinate 23°43′N 120°51′O / 23.717°N 120.850°O / 23.717; 120.850Koördinate: 23°43′N 120°51′O / 23.717°N 120.850°O / 23.717; 120.850

Oppervlakte 35 801 vk km
Hoogste punt Berg Yushan 3 952 m
Administrasie
Vlag van Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Provinsie Taiwan

Vlag van Republiek van China Republiek China
Provinsie Taiwan
Hoofstad Taipei
Grootste stad Nieu-Taipei (3 976 313)

Demografie
Bevolking 23 269 633

Bevolkingsgroepe Han (95%), inheemse groepe (2,5%)
Grootste eiland van die Republiek China

Taiwan (Chinees: 臺灣 / 台湾, pinyin: Táiwān, Taiwannees: Tâi-oân, Hakka: Thòi-vǎn; voorheen bekend as Formosa, vanaf Portugees: Ilha Formosa [ˌiʎɐ fuɾˈmɔzɐ], letterlik: "pragtige eiland") is die grootste eiland van die Republiek China tussen die Suid-Chinese See in die suidweste, die Oos-Chinese See in die noorde en die Filippynse See in die ooste. Dié eiland beheer die gelyknamige Chinese provinsie wat die mees oostelike van dié land is. Taiwan word deur die Straat van Taiwan van die Chinese vasteland in die noordweste en deur die Luzonstraat van die Filippynse eiland Luzon in die suide geskei. In die noordooste is die Japanse Ryukyu-eilande geleë.[1]

Nasa-Satellietbeeld van Taiwan

Taiwan is suidoos van die Volksrepubliek China se provinsie Fujian geleë en word beheer deur die Republiek China, wat sedert 1949 net uit die hoofeiland en omliggende eilande bestaan. Die eiland het 'n bevolking van 23 140 000 in 2010 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 35 801 km². Die eiland is 'n twisappel aangesien die Republiek China en die Volksrepubliek China dit beide as hul eie provinsie beskou. Die omstrede Senkaku-eilande in die Oos-Chinese See noordoos van Taiwan word deur Republiek China, die Volksrepubliek China en Japan opgeëis.

  1. "Taiwan" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 6 Augustus 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search