UEFA Europa-beker

UEFA Europa-beker
Europese Sokkerkampioenskap 2024
Beskrywing.
Coupe Henri Delauney, die trofee waarom meegeding word

Sportsoort Sokker
Gestig 1958
Eienaar UEFA
Inwydingseisoen 1960
Deelnemende lande Europa
Aantal spanne 24
Mees onlangse kampioen Vlag van Italië Italië (2020)

Die UEFA Europa-beker (Engels: UEFA European Football Championship) is 'n sokkertoernooi wat al om die vier jaar deur UEFA vir nasionale sokkerspanne in Europa georganiseer word. Die toernooi word altyd tussen twee FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie beslis, en word na die Wêreldbeker as die belangrikste internasionale sokkertoernooi ter wêreld beskou. In 1960 is die Europese kampioenskap vir die eerste keer beslis. Duitsland en Spanje het met drie keer die meeste EK's gewen. Italië is tans die kampioen, nadat hulle by die Europese Sokkerkampioenskap 2020 in Europa hul tweede titel ingepalm het.

Tussen 1960 en 1976 neem vier lande aan die toernooi deel en sedertdien vind kwalifiserende wedstryde plaas. In 1980 word die deelnemende lande tot agt uitgebrei en in 1996 tot 16. Die laaste uitbreiding in aantal lande vind in 2016 plaas, vanaf hierdie jaar neem 24 lande aan die eindronde deel.

Die huidige formaat van die kampioenskap behels sedert 2016 24 spanne wat meeding om die titel by stadions in die gasheerland(e) oor 'n periode van ongeveer een maand. Hierdie fase word gewoonlik die Europese kampioenskap genoem. Die kwalifiserende fase vind oor 'n periode van een jaar voor dit plaas waartydens besluit word welke spanne kwalifiseer. Die gasheerland(e) kry 'n outomatiese plasing. Tot in 2016 het die wenner van die mees onlangse UEFA Europa-beker vir die daaropvolgende Sokker-Konfederasiebeker gekwalifiseer.[1] Dié toernooi is in Maart 2019 egter deur FIFA geskrap.

Die mees onlangse toernooi het in 2020 in verskeie lande van Europa plaasgevind. Die volgende toernooi sal in 2024 in Duitsland aangebied word.

  1. (en) "2005/2006 season: final worldwide matchday to be 14 May 2006". FIFA. 19 Desember 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2020. Besoek op 17 Maart 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search