Weermag

'n Groep weermagsoldate
Lande volgens aantal aktiewe soldate (2009)

'n Weermag is die gesamentlike land-, see- en lugmag van 'n land. Die groot moonthede van die wêreld, soos Amerika, Rusland en China, het deesdae ook 'n ruimtemag as weermagonderdeel. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag bestaan byvoorbeeld uit die Suid-Afrikaanse Leër (landmag), Suid-Afrikaanse Vloot (seemag), Suid-Afrikaanse Lugmag (lugmag), asook ander eenhede soos die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens.

Moderne weermagte maak van gespesialiseerde toerusting gebruik. Voertuie soos tenks, pantservoertuie, vliegtuie en helikopters, aanvalsvaartuie, duikbote en vliegdekskepe word dikwels ingespan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search