Elektrochemie

Engelse chemikus John Daniell (links) en fisikus Michael Faraday (regs), vandag beide gekrediteer as stigters van elektrochemie.

Elektrochemie is die tak van fisiese chemie wat gemoeid is met die verband tussen elektriese potensiaalverskil, as 'n meetbare en kwantitatiewe verskynsel, en identifiseerbare chemiese verandering, met die potensiaalverskil as 'n uitkoms van 'n bepaalde chemiese verandering, of omgekeerd. Hierdie reaksies behels elektrone wat deur 'n elektronies-geleidende fase beweeg (tipies 'n eksterne elektriese stroombaan, maar nie noodwendig nie, soos in stroomlose platering) tussen elektrodes geskei deur 'n ioniesgeleidende en elektronies-isolerende elektroliet (of ioniese spesies in 'n oplossing).

Wanneer 'n chemiese reaksie deur 'n elektriese potensiaalverskil aangedryf word, soos in elektrolise, of as 'n potensiaalverskil voortspruit uit 'n chemiese reaksie soos in 'n battery of brandstofsel, word dit 'n elektrochemiese reaksie genoem. Anders as in ander chemiese reaksies, word elektrone in elektrochemiese reaksies nie direk tussen atome, ione of molekule oorgedra nie, maar via die voorgenoemde elektronies-geleidende stroombaan. Hierdie verskynsel is wat 'n elektrochemiese reaksie van 'n konvensionele chemiese reaksie onderskei.[1]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Brett

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search