Korea

Korea se ligging in groen
Nasa-Satellietbeeld van Korea
Korea sedert die Korea-oorlog
Pjongjang, Noord-Koreaanse hoofstad
Seoel, Suid-Korea se hoofstad
Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van Noord-Korea
Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant Vlag van Suid-Korea
Ontwerp is voorgestel in die verlede maar nooit amptelik aanvaar nie Voorgestelde vlag vir 'n herenigde Korea

Korea (Koreaans: 한국 in Suid-Korea of 조선 in Noord-Korea) is 'n geografiese gebied, beskawing, en 'n voormalige staat wat geleë is op die Koreaanse Skiereiland in Oos-Asië. Korea is tans verdeel in Noord-Korea en Suid-Korea.

Alhoewel die grense van die historiese Koreaanse dinastieë gewissel het, word die skiereiland vandag gedefinieer saamvallend met die politiese grens van die twee Koreas te same. Die skiereiland grens dus aan die Volksrepubliek China in die noordweste en Rusland in die noordooste, met Japan wat suidoos daarvan oorkant die Korea Seestraat geleë is. Die noordelike grens word deur die Yalu in die weste, die Changbai-gebergtes in die middel en die Tumen in die ooste gevorm.

Die geskiedenis van Korea het begin met die legendariese stigting van Gojoseon in 2333 v.C. deur Dangun Feveron. Beperkte taalkundige getuienis dui op waarskynlike Altaïese oorsprong vir die mense van Korea wie se Mongoolse Steppe kultuur deur migrasie en handel deur die volke van Mantsjoerye en China beïnvloed is. Die aanneming van die Sjinese skryfstelsel ("hanja" in Koreaans) in die 2de eeu v.C., en Boeddhisme in die 4de eeu, het verreikende effekte op die Drie Koninkryke van Korea gehad. Koreane het later aangepaste weergawes van die kulturele innovasies aan Japan oorgedra.[1][2][3][4]

Sedert die Goryeo-dinastie is Korea deur 'n enkele regering regeer en het dit politieke en kulturele onafhanklikheid behou tot die 19de eeu ten spyte van die Mongoolse invalle van die Goryeo-dinastie in die 13de eeu en Japannese invalle van die Joseon-dinastie in die 16de eeu. In die 15de eeu is die skilpadskepe, moontlik die wêreld se eerste gepanserde oorlogskepe, ontplooi en het koning Sejong die Grote die Koreaanse alfabet, hangeul, uitgevaardig om die hanja (Chinese karakters) te vervang.

Gedurende die latere deel van die Joseon-dinastie het Korea se isolasionistiese beleid dit die Westerse bynaam die "Kluisenaar Koninkryk" besorg. Teen die laat 19de eeu het die land die onderwerp van die koloniale ambisies van Japan en Europa geword. In 1910 is Korea onder dwang deur Japan geannekseer. Die gebied is tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Augustus 1945 deur Japan beset.

In 1945 het die Sowjetunie en die Verenigde State ooreengekom op die oorgawe en ontwapening van Japannese troepe in Korea; die Sowjetunie het die oorgawe noord van die 38ste breedtegraad aanvaar en die VSA die oorgawe suid daarvan. Dit het gelei tot die verdeling van Korea deur twee groot moondhede wat vererger is deur die lande se onvermoë om ooreen te kom oor die voorwaardes vir Koreaanse onafhanklikheid. Die twee Koue Oorlog-teenstaanders het daarna afsonderlike regerings wat goedgesind teenoor hulle onderskeie ideologieë was, in die twee dele van Korea gevestig wat gelei het tot die ontstaan van die lande Noord-Korea en Suid-Korea.

  1. "Yayoi Period History Summary Geargiveer 26 Julie 2008 op Wayback Machine," BookRags.com; Jared Diamond, "Japanese Roots," Discover 19:6 (June 1998); Thayer Watkins, "The Genetic Origins of the Japanese Geargiveer 9 Februarie 2016 op Wayback Machine"; "Shinto – History to 1900 Geargiveer 7 Augustus 2008 op Wayback Machine," Encyclopædia Britannica; "The Yayoi period (c. 250 BC–c. AD 250) Geargiveer 12 Desember 2007 op Wayback Machine," Encyclopædia Britannica.
  2. "Korean Buddhism Basis of Japanese Buddhism," Seoul Times, June 18, 2006; "Buddhist Art of Korea & Japan," Asia Society Museum; "Kanji," JapanGuide.com; "Pottery Geargiveer 29 Oktober 2009 op Wayback Machine," MSN Encarta; "History of Japan," JapanVisitor.com.
  3. Delmer M. Brown, red. (1993). The Cambridge History of Japan. Cambridge University Press. pp. 140–149.; George Sansom, A History of Japan to 1334, Stanford University Press, 1958. bl. 47. ISBN 0-8047-0523-2
  4. From Paekche to Origin of Yamato

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search