Statebondspele

Kenteken van die Statebondspelevereniging, organiseerder van die Statebondspele
Posseël ter herdenking van die Statebondspele van 1958

Die Statebondspele of Gemenebesspele (Engels: Commonwealth Games) is 'n sporttoernooi wat al om die vier jaar, twee jaar na elke Olimpiese Somerspele, vir lidlande van die Britse Statebond aangebied word. Ongeveer 4 500 tot 5 000 atlete neem hieraan deel, wat dit na die Olimpiese Somerspele die grootste sportbyeenkoms ter wêreld maak.

Alhoewel die Britse Statebond 56 lidlande het, is daar 74 deelnemende spanne by die Statebondspele, omdat 'n aantal Britse oorsese gebiede onder hul eie vlae meeding. Die vier lande van die Verenigde KoninkrykEngeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland – stuur ook aparte spanne.

Net ses lande het aan elke Statebondspele deelgeneem: Australië, Kanada, Engeland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Suid-Afrika neem tans, na hulle hertoetrede in 1994, aan hierdie Statebondspele deel. Die volgende Statebondspele sal in 2026 in die Australiese deelstaat Victoria aangebied word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search